Sagaria 3:1-5

Sagaria 3:1-5 DB

Die Here het my weer laat droom. Die droom was van die belangrike priester Jesua wat voor die engel van die Here staan. Regs van Jesua het Satan gestaan, die een wat hom aankla. Hy het vertel wat Jesua verkeerd gedoen het. Die Here het vir die aanklaer gesê: “Ek dink niks van wat jy nou sê nie. Ek het Jerusalem vir My gekies. Ek wil niks van jou weet nie! Jesua is onskuldig, hy is soos ’n stuk hout wat uit die vuur geruk is. Hy slaag die toets!” Jesua het met vuil klere aan voor die engel gestaan. Die engel sê toe vir die ander wat voor hom staan: “Trek sy vuil klere uit!” Daarna het die engel vir Jesua gesê: “Ek vergewe jou vir alles wat jy verkeerd gedoen het. Ek gee vir jou splinternuwe klere om aan te trek.” Toe het ek gesê: “Bind asseblief ook vir hom ’n skoon tulband om sy kop!” Hulle het toe ’n skoon tulband om sy kop gebind. Verder het hulle ook vir hom nuwe klere aangetrek terwyl die engel van die Here staan en kyk het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid