Boas het toe met Rut getrou en nadat hy by haar geslaap het, het die Here haar swanger laat word. Sy het geboorte gegee aan ’n seun. Die Here was baie goed vir haar. Toe sê die vroue vir Naomi: “Loof die Here! Hy het vandag vir jou ’n kleinseun gegee om vir jou te sorg. Mag sy naam altyd in Israel voortleef deur sy kinders. Jou skoondogter het jou baie lief. Sy het meer vir jou gedoen as wat sewe seuns ooit sou kon doen. Mag hierdie kleinseun wat sy nou vir jou gegee het, jou weer opgewonde oor die lewe maak omdat jy weet dat daar iemand sal wees wat vir jou sal sorg as jy die dag oud is.” Naomi het hierdie kleinkind van haar met soveel liefde versorg asof hy haar eie kind was. Die buurvroue het toe gesê: “Uiteindelik het Naomi weer ’n seun!” Die kind se naam was Obed. Obed was Isai se pa en Dawid se oupa.
Lees Rut 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Rut 4:13-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's