Boas het Rut by hom geneem en sy het sy vrou geword. Hy het by haar ingegaan, en die HERE het haar swanger laat word. Sy het aan 'n seuntjie geboorte gegee. Die vroue het vir Naomi gesê: “Die HERE moet geprys word! Hy het jou vandag nie sonder 'n losser gelaat nie. Mag dié losser beroemd wees in Israel. Mag hy jou lewenslus herstel en jou versorg op jou oudag. Jou skoondogter, wat jou liefhet, het hom in die wêreld gebring, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns. ” Naomi het die kind geneem en op haar skoot gesit en sy pleegmoeder geword. Die buurvroue het vir hom 'n naam gegee. Hulle het gesê: “'n Seun is vir Naomi gebore”, en hom toe Obed genoem.
Lees Rut 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Rut 4:13-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's