Psalms 95:1-6

Psalms 95:1-6 DB

Die Here is ons God en ons is sy mense. Kom laat ons ons Here eer. Laat ons lofliedere uit volle bors sing, want Hy het ons gered. Laat ons na Hom toe gaan met al die dankies wat uit die diepte van ons hart kom. In ons mooiste liedere moet ons dit vir Hom sê. Want die Here is God; Hy is die sterkste van die sterkstes. Soos ’n onoorwinbare Heerser staan Hy in die pad van enigiemand wat sy plek wil vat. Gaan staan jy op die hoogste berg of in die diepste plek op aarde, dit is die Here s’n. Die see het Hy gemaak en soos ’n kunstenaar het Hy die aarde met sy hande gevorm. Kom ons buig voor God en erken Hom vir hoe groot Hy regtig is. Kom ons kniel nederig voor die Heer wat ook vir ons gemaak het.