Psalms 8:3-6

Psalms 8:3-6 DB

Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde uitgebasuin, deur ’n baba wat geluidjies maak of ’n pap babatjie in ’n ma se arms. U groot krag laat almal wat met U probeer baklei gou-gou stil word. As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om? En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie! Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik. U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is; U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 8:3-6