Vat asseblief al die verkeerde dinge wat ek gedoen het ver van my af weg, Here. Kyk op ’n splinternuwe manier na my. Sien my weer as iemand wat niks verkeerds gedoen het nie. My lewe moet so skoon wees soos die witste wol. Help my om weer opgewonde en bly te wees. Help my om te jubel van vreugde, al het U my swaar gestraf. Moet nooit weer dink aan die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. Vat alles weg uit my lewe wat nie reg is in u oë nie. Maak my opreg, God! Maak my van kop tot tone nuut sodat ek kan vasstaan. Moet my nie van U af wegstoot nie. Jaag my nooit voor U weg nie. Laat u Goddelike krag ook nie van my af weggaan nie. U krag sorg dat ek doen wat U vra. Laat ek weer bly wees. U alleen kan die lewe weer vir my nuut maak. Help my om U te dien met alles wat in my is.
Lees Psalms 51
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 51:9-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's