Psalms 51:9-14

Psalms 51:9-14 AFR20

Neem my sonde weg met marjolein sodat ek rein kan wees, was my, dan sal ek witter as sneeu wees. Laat my weer uitroepe van vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente wat U verbrysel het, juig. Sluit u oë vir my sonde, en al my sondeskuld, wis dit uit! Skep 'n rein hart vir my, o God, vernuwe 'n bestendige gees in my binneste. Moet my tog nie wegdryf uit u teenwoordigheid nie; en moet u •heilige Gees nie van my wegneem nie. Laat my weer die vreugde oor u verlossing ervaar, laat 'n gewillige gees my ondersteun.

Video vir Psalms 51:9-14