Psalms 42:4-5

Psalms 42:4-5 DB

Al wat ek op die oomblik doen, is huil. My hele lewe is een groot stuk hartseer. Alles binne-in my skeur wanneer slegte mense vir my sê: “Nou waar is jou God dan? Hoekom help Hy jou nie?” Met verlange dink ek terug aan die ou dae. Toe het ek die leiding geneem in die eredienste en feesgeleenthede. In die dienste het ek voorgegaan in gebed. Ek het leiding gegee wanneer ons saamsing. By lofprysings was ek die voorsanger. Ons het almal saam feesgevier om U te prys. Ek het voor hulle uitgestap na u woonplek toe.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid