PSALMS 42:4-5
PSALMS 42:4-5 Bybel vir almal (ABA)
My trane is my kos, ek huil elke dag en nag wanneer mense aanhou om vir my te vra: “Waar is jou God?” Dan onthou ek en ek hou aan om te dink hoe ek tussen baie mense geloop het en hulle gelei het na die tempel. Ons was baie mense en ons het feesgevier, ons het hard gesing en vir God dankie gesê.
PSALMS 42:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — 'n feesvierende menigte!
PSALMS 42:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my: “En waar is jou God nou?” As ek my lewe voor my laat verbygaan, dink ek daaraan hoe ek opgetrek het na die woonplek van God, voor 'n skare uit na sy huis toe geloop het met gejuig en lofsang – 'n skare wat feesvier.
PSALMS 42:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Trane is dag en nag my brood, omdat daar die hele dag lank vir my gevra word: “Waar is jou God?” Hieraan moet ek dink terwyl ek my hart uitstort, hoe ek optrek in 'n magtige skare, hoe ek voor hulle uit gaan na die huis van God, met luide jubelkrete en dankliedere – 'n feesvierende menigte.
PSALMS 42:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As ek aan hierdie dinge dink, stort ek my siel in my uit; want ek het saam met die skare gegaan, ek het saam met hulle na die huis van God gegaan, met 'n stem van vreugde en lof, met 'n menigte wat fees gehou het. Waarom is jy neergewerp, o my siel? en waarom is jy onrustig in my? hoop jy op God, want ek sal Hom nog loof vir die hulp van sy aangesig.
PSALMS 42:4-5 Die Boodskap (DB)
Al wat ek op die oomblik doen, is huil. My hele lewe is een groot stuk hartseer. Alles binne-in my skeur wanneer slegte mense vir my sê: “Nou waar is jou God dan? Hoekom help Hy jou nie?” Met verlange dink ek terug aan die ou dae. Toe het ek die leiding geneem in die eredienste en feesgeleenthede. In die dienste het ek voorgegaan in gebed. Ek het leiding gegee wanneer ons saamsing. By lofprysings was ek die voorsanger. Ons het almal saam feesgevier om U te prys. Ek het voor hulle uitgestap na u woonplek toe.
PSALMS 42:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My trane is my kos, dag en nag, terwyl teenstanders my aanhoudend tart en sê: “Waar is dié God van jou?” As ek nadink hoe dit voorheen was, is ek ontsteld. Toe het ek geloop saam met die aanbidders en ’n optog gelei na die tempel van God terwyl ek sing en jubel saam met die skare wat feesvier.