Psalms 26:1-6

Psalms 26:1-6 DB

Here, sorg tog dat die regte dinge met my gebeur, want ek doen net wat U sê. Ek vertrou op U, Here. Ek twyfel nie ’n oomblik aan U nie. U kan my lewe maar toets, Here. Kyk wat binne-in my aangaan en wat ek alles dink. U sal sien dat ek u voorbeeld navolg. Ek onthou altyd dat U my liefhet. Ek luister na U en doen goeie dinge vir ander. Ek meng nie met mense wat ’n slegte invloed op my kan hê nie. Ek kom nie by mense wat voorgee wat hulle nie is nie. Daarom bly ek weg van mense wat net slegte dinge doen en U nie dien nie. Ek haat alles wat hulle doen! Hulle leef sonder U. Here, ek is onskuldig. Ek was my hande in onskuld. My lewe is skoon. Ek wil U vol blydskap dien. Ek loop na die plek waar mense U dien.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid