PSALMS 26:1-6
PSALMS 26:1-6 Bybel vir almal (ABA)
Van Dawid. Here, U moet my oordeel en U moet sê dat ek nie verkeerd gedoen het nie, want ek het eerlik gelewe en ek het net in U geglo, ek het nooit opgehou glo nie. U moet my toets, Here, U moet goed kyk wat ek dink en wat ek voel, want ek onthou altyd dat U doen wat U belowe het, ek weet net U is God. Ek is nie een van die mense wat vals is nie, ek wil niks doen saam met skynheilige mense nie. Wanneer slegte mense bymekaarkom, dan is ek nie by hulle nie, ek sit nie saam met die mense wat verkeerd doen nie. Here, ek was my hande om te wys dat ek onskuldig is en ek loop om die altaar
PSALMS 26:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel. Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart; want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid. Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie. Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie. Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE
PSALMS 26:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Dawid. Laat reg aan my geskied, Here, want ek is onskuldig. Ek het op die Here vertrou en nie getwyfel nie. Toets my, Here, keur my, ondersoek my deur en deur. Ek laat my deur u liefde lei en ek lewe deur u trou. Ek hou my nie op met bedrieërs nie en met agterbakse mense gaan ek nie om nie. Ek vermy die geselskap van misdadigers en hou my nie op met goddeloses nie. As 'n onskuldige, Here, was ek my hande en draai ek na u altaar toe
PSALMS 26:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. Handhaaf my reg, HERE, want ek, ek gedra my onberispelik; ek vertrou op die HERE, ek wankel nie. Toets my, HERE, en stel my op die proef. Suiwer my niere en my hart! Want ek hou u troue liefde voor oë en ek leef volgens u waarheid. Ek sit nie by bedrieërs nie, en by slinkse mense kom ek nie. Ek het 'n weersin in die byeenkoms van kwaaddoeners, en by goddeloses sit ek nie. Ek was my hande om my onskuld te toon, sodat ek rondom u altaar kan loop, HERE
PSALMS 26:1-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Oordeel my, HERE; want ek het in my opregtheid gewandel; ook het ek op die HERE vertrou; daarom sal ek nie gly nie. Ondersoek my, o HERE, en toets my; probeer my leisels en my hart. Want u goedertierenheid is voor my oë, en ek het in u waarheid gewandel. Ek het nie met ydele mense gesit nie, en ek sal ook nie ingaan met bedrieërs nie. Ek het die vergadering van kwaaddoeners gehaat; en sal nie by die goddelose sit nie. Ek sal my hande in onskuld was; so sal ek u altaar omring, o HERE!
PSALMS 26:1-6 Die Boodskap (DB)
Here, sorg tog dat die regte dinge met my gebeur, want ek doen net wat U sê. Ek vertrou op U, Here. Ek twyfel nie ’n oomblik aan U nie. U kan my lewe maar toets, Here. Kyk wat binne-in my aangaan en wat ek alles dink. U sal sien dat ek u voorbeeld navolg. Ek onthou altyd dat U my liefhet. Ek luister na U en doen goeie dinge vir ander. Ek meng nie met mense wat ’n slegte invloed op my kan hê nie. Ek kom nie by mense wat voorgee wat hulle nie is nie. Daarom bly ek weg van mense wat net slegte dinge doen en U nie dien nie. Ek haat alles wat hulle doen! Hulle leef sonder U. Here, ek is onskuldig. Ek was my hande in onskuld. My lewe is skoon. Ek wil U vol blydskap dien. Ek loop na die plek waar mense U dien.
PSALMS 26:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Laat aan my reg geskied, HERE, want ek was opreg in my doen en late. Ek het op die HERE vertrou sonder om te twyfel. Toets my, HERE, en ondervra my. Ondersoek my motiewe en my toegeneentheid. Want ek is gedurig bewus van u liefde; ek het volgens u waarheid gelewe. Met leuenaars gaan ek nie om nie; met skynheiliges gaan ek nie saam nie. Ek verag die byeenkoms van bose mense, en by die goddeloses sit ek nie. Ek was my hande as teken van my onskuld en verskyn voor u altaar, HERE