Psalms 150:1-5

Psalms 150:1-5 DB

Kom prys die Here. Prys God. Aanbid Hom in sy woonplek op aarde, want Hy is heilig. Loof Hom. Hy is so groot, die wye hemelruim is net ’n stukkie van sy blyplek. Prys Hom omdat Hy so sterk is. Loof Hom, want sy grootheid kan jy op geen manier meet nie. Prys Hom met alle musiekinstrumente. Loof Hom met trompette, kitare en viole. Prys Hom met ’n instrument of deur te sing en te dans. Loof Hom deur snare te tokkel en ’n fluit te blaas. Simbale se klanke roep lof aan die Here uit. Loof Hom deur die suiwer klanke.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 150:1-5