Psalms 143:4-10

Psalms 143:4-10 DB

Ek het begin moed verloor. Ek was baie bang en benoud. Toe het ek onthou dat U van die begin af gewys het hoe sterk U is. Ek het nagedink oor hoe U die hele wêreld gemaak het. Ek kan nie sonder U klaarkom nie. Ek roep na U. Soos ’n dor stuk land niks is sonder water nie, so kan ek nie sonder U verder lewe nie. Help my asseblief tog gou, Here. Ek is besig om dood te gaan. Moet my nie ignoreer nie, anders gaan ek nog gouer dood. Elke dag wil ek hoor hoe U my liefhet, want ek vertrou U. Lei my asseblief op die regte lewenspad. Met my hele lewe is ek van U afhanklik. Red my van hulle wat my nie liefhet nie, Here. U beskerm my. Wees vir my soos ’n onderwyser. Leer my om te doen wat U wil hê, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei sodat ek min probleme op my lewenspad het.

Video for Psalms 143:4-10

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 143:4-10