Psalms 126:1-6

Psalms 126:1-6 DB

Toe die Here Israel uit die kloue van ’n vreemde volk gered het, was sy kinders baie bly. Vir ons was dit soos ’n droom wat waar geword het. Ons het aanmekaar gelag en gepraat, so bly was ons. Almal, selfs dié wat nie die Here dien nie, het dit raakgesien en gesê: “Die Here het wonderlike dinge vir sy kinders gedoen.” Ja, die Here het wonderlike dinge vir ons gedoen en ons was baie bly. Nou is ons weer in die nood. Here, keer asseblief ons situasie heeltemal om. U kan ’n droë woestyn in ’n pragtige blommeland verander. Vat so ons probleme heeltemal weg. Die Here kan hartseer in blydskap verander. Trane van pyn kan Hy in gelag van blydskap verander. Al werk ’n boer hard, is hy bly as hy ’n groot oes insamel. So verander swaarkry in blydskap.