Iemand wat die Here vertrou, is soos ’n rots wat jy met geen hyskraan of koevoet kan beweeg nie. Hy staan vas sonder om te beweeg. Jerusalem word deur berge omring. Dit beskerm sy inwoners. Net so bewaar die Here diegene wat Hom vertrou. Hy hou sy oog oor hulle. Wees gerus, die Here beskerm die mense wat Hom liefhet. Slegte mense wat die Here nie dien nie, sal nie God se kinders kan mislei nie. Hulle sal nie sy kinders kan ompraat om kwaad te doen nie. Here, wees goed vir goeie mense. Hulle is opreg. God straf mense wat aanhou om verkeerde dinge te doen. Hulle verdien om saam met kwaaddoeners uitgeroei te word. Mag die Here sy vrede vir julle gee!
Lees Psalms 125
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 125:1-5
7 dae
Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's