Ek het die Here baie lief. Hy help my as ek Hom baie mooi vra. Hy het mooi na my geluister. Daarom sal ek tot Hom bid so lank as wat ek lewe. Ek het so amper doodgegaan. Ek het al paniekerig daaroor begin word. Ek was doodsbenoud en bekommerd. Maar toe het ek ernstig tot die Here gebid. Ek het by Hom gepleit: “Ag, Here, spaar tog my lewe.” Die Here was baie goed vir my. Hy sorg dat reg aan my gedoen word. Ons God het my soos ’n ma in sy liefde toegevou. Die Here beskerm mense wat aan die einde van hulle kragte gekom het. Ek was in so ’n situasie. Toe ek op my swakste was, het Hy my gehelp. Ek het toe vir myself gesê: “Jy kan ontspan. Wees rustig. Die Here was baie goed vir jou.” Ja, U het my lewe gespaar. U het my getroos. U het gekeer dat ek ondergaan. Daarom sal ek saam met die Here lewe tussen almal wat nog leef. Ek het die Here vertrou toe ek gedink het ek kry baie swaar. Ek het gedink dis klaar met my.
Lees Psalms 116
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 116:1-10
7 Days
Are you struggling with heartache, doubt, or doubting God's goodness through a life storm? Are you experiencing apathy or distraction in your spiritual walk? This 7-Day reading plan will help to reveal any doubt you may hold in your heart and will help you to use doubt as a signal to grow closer to God's heart.
16 Days
There are five essentials you have to have in life in order to really live. Join Pastor Rick for this series as he digs deep into why you need power to live on, people to live with, principles to live by, a plan to live out, and a purpose to live for.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's