Psalms 107:28-32

Psalms 107:28-32 DB

In hulle nood het hulle die Here gevra om te help. Hy het hulle uit daardie moeilikheid gehelp. Hy het die storm stilgemaak. ’n Mens kan die klank van stilte hoor. Al die hoë golwe het gaan lê. Die mans was baie bly toe die storm bedaar het. Daarvandaan het God hulle veilig laat vaar tot by die volgende hawe. Nou prys hulle die Here vir sy liefde. Hulle sê vir Hom baie dankie vir die wonderlike dinge wat Hy vir mense doen. Waar al sy kinders bymekaarkom, sal hulle sy Naam grootmaak. In die byeenkoms waar die leiers ook is, sal hulle vertel wat Hy gedoen het. Hulle sal Hom bewonder. Die Here is baie sterk.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 107:28-32