PSALMS 107:28-32

PSALMS 107:28-32 NLV

“HERE, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Hy het die storm stilgemaak en die golwe het bedaar. Hulle was bly toe dit kalm word en Hy hulle na die hawe toe lei waar hulle wou wees. Laat hulle die HERE loof vir sy liefde en vir al sy wonderdade aan hulle. Laat hulle Hom verheerlik in die vergadering van die volk, en Hom prys in die byeenkoms van die leiers.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 107:28-32