Psalms 103:18-22

Psalms 103:18-22 DB

Elkeen wat Hom dien en die ooreenkoms nakom wat Hy gesluit het, kan op sy liefde reken. Oor die jare heen help Hy mense. Die Here help almal wat na Hom luister. Die Here regeer uit die hemel. Hy is die sterkste van almal. Hy heers oor alles. Kom prys die Here, sterk engele wat vir die Here werk! Julle maak Hom baie gelukkig omdat julle doen wat die Here wil hê. Kom prys die Here, al julle ontelbare skares in die hemel wat Hom gelukkig maak! Kom prys die Here, almal en alles wat deur Hom gemaak is! Prys Hom op elke plek waar Hy regeer. Ek wil ook die Here prys met my hele lewe!