PSALMS 103:18-22

PSALMS 103:18-22 NLV

vir dié wat getrou is aan sy verbond en sy gebooie gehoorsaam. Die HERE het sy troon in die hemel gevestig; Hy heers oor almal. Prys die HERE, julle magtige engele, julle wesens wat sy woord uitvoer, wat luister na sy woord! Ja, prys die HERE, sy hemelse leërmagte wat Hom dien en sy wil uitvoer! Prys die HERE, al sy skeppingswerke, oral in sy koninkryk. Ek wil die HERE prys.