“Die wysheid verskaf die regte raad, kennis en insig vir ’n gelukkige lewe. Niemand kan sonder wysheid klaarkom nie. Konings gebruik dit om te regeer, staatspresidente maak goeie wette daarmee en regters sorg dat die regte besluite geneem word. “Wie wysheid liefhet, is gelukkig. Wie daarna smag om reg te leef, sal dit regkry. Wie wys leef, kry rykdom en eer, voorspoed en sukses. Die voordele van die regte manier van leef is onpeilbaar groot. Selfs die suiwerste goud en die duurste silwer kan dit nie koop nie. “Wysheid moet oral in mense te sien wees. Tree daarom in elke lewensituasie reg op. Behandel alle mense billik en reg. Dan sal dit met jou baie goed gaan. Jy sal ’n ryk mens wees.” Wysheid is baie oud. Neem dit dus ernstig op. Voorskrifte vir die regte manier van lewe is baie oud. Dit kom uit die gryse verlede. Riglyne om reg te leef, die regte dinge op die regte tyd te sê, kom al van die skepping af. God het die wysheid heel aan die begin van die tyd gemaak, voordat Hy nog enigiets anders gemaak het: in die begin, nog voordat die aarde daar was, is die wysheid al netjies aanmekaargesit toe daar nog geen oseane was nie, toe daar nog geen fonteine was nie, was die wysheid al daar voordat die berge gemaak is, voordat die heuwels daar was, voordat Hy die aarde en die velde gemaak het, voordat die eerste stoffies van die aarde daar was, het die wysheid al bestaan.
Lees Spreuke 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 8:14-26
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's