Spreuke 6:6-8

Spreuke 6:6-8 DB

Luiaard, gaan leer by die mier hoe om te werk. Sonder ’n baas wat hom moet dryf, ’n toesighouer wat sy vordering moet dophou of ’n bestuurder wat sy program moet reël, werk hy dag en nag. Sonder enige druk begin die miertjie al in die somer kos vir die winter opgaar. Tydens oestyd werk hy dag en nag om kos in die landerye te versamel en huis toe te dra.