SPREUKE 6:6-8
SPREUKE 6:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Lui mens, jy moet na die miere gaan, jy moet gaan kyk hoe hulle lewe en jy moet leer van hulle. Die miere het nie 'n leier of 'n voorman of 'n koning nie, maar hulle maak in die somer kos gereed vir hulleself, hulle maak kos bymekaar wanneer daar kos is om bymekaar te maak.
SPREUKE 6:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.
SPREUKE 6:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie 'n leier nie, nie 'n opsigter of 'n regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd.
SPREUKE 6:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë, en word wys. Hy wat nie 'n •aanvoerder, opsiener of heerser het nie, berei in die somer sy kos voor, versamel in die oestyd sy voedsel.
SPREUKE 6:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gaan na die mier, luiaard; let op haar weë en word wys. Wat geen gids, opsiener of heerser het nie, gee vir haar voedsel in die somer en maak vir haar voedsel in die oes in.
SPREUKE 6:6-8 Die Boodskap (DB)
Luiaard, gaan leer by die mier hoe om te werk. Sonder ’n baas wat hom moet dryf, ’n toesighouer wat sy vordering moet dophou of ’n bestuurder wat sy program moet reël, werk hy dag en nag. Sonder enige druk begin die miertjie al in die somer kos vir die winter opgaar. Tydens oestyd werk hy dag en nag om kos in die landerye te versamel en huis toe te dra.