Spreuke 4:6-7

Spreuke 4:6-7 DB

“Moenie lewenswysheid los soos ’n slegte man partykeer ’n vrou los nie. Wees lief daarvoor soos ’n goeie man sy vrou liefhet. Dan sal jy reg leef. “’n Belangrike reël vir die lewe is om meer en meer van die regte soort kennis in die hande te kry. Dan sal jy meer op jou gemak voel. Jy sal weet hoe om in die alledaagse lewe op te tree.