SPREUKE 4:6-7
SPREUKE 4:6-7 Bybel vir almal (ABA)
As jy die wysheid nie los nie, dan sal dit vir jou wagstaan, as jy lief is vir die wysheid, dan sal dit jou beskerm. As jy regtig slim wil word, dan moet jy wysheid kry, jy moet ook verstandig word, saam met al die ander dinge wat jy kry.
SPREUKE 4:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak. Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
SPREUKE 4:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm; as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar. Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry!
SPREUKE 4:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moet haar, die wysheid, nie verontagsaam nie; dan sal sy jou beskerm. Wees lief vir haar, dan sal sy jou bewaak. Die begin van wysheid is: Verwerf wysheid, verwerf insig met alles wat jy besit!
SPREUKE 4:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verlaat haar nie, en sy sal jou bewaar; wees lief vir haar, en sy sal jou bewaar. Wysheid is die belangrikste ding; verkry daarom wysheid, en verwerf insig met al jou insig.
SPREUKE 4:6-7 Die Boodskap (DB)
“Moenie lewenswysheid los soos ’n slegte man partykeer ’n vrou los nie. Wees lief daarvoor soos ’n goeie man sy vrou liefhet. Dan sal jy reg leef. “’n Belangrike reël vir die lewe is om meer en meer van die regte soort kennis in die hande te kry. Dan sal jy meer op jou gemak voel. Jy sal weet hoe om in die alledaagse lewe op te tree.