Spreuke 26:24-26

Spreuke 26:24-26 DB

’n Huigelaar se haat en venyn word deur mooi woorde verberg. As hy praat, moet hom nie glo nie. Binne-in hom beplan hy die allerverskriklikste dinge. Hy sal alles doen om jou om die bos te lei. Eendag sal jy en die ander gelowiges sy boosheid uitvind.