SPREUKE 26:24-26
SPREUKE 26:24-26 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens wat vir jou haat, sê miskien mooi dinge, maar hy hou aan om te dink hoe hy jou kan bedrieg. Hy praat miskien vriendelik, maar jy moenie vir hom glo nie, want hy dink aan baie dinge wat jy sal haat. Hy sê nie dat hy jou haat nie, maar hy bedrieg jou. Almal sal weet dat hy slegte dinge wil doen.
SPREUKE 26:24-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog. As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart. Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
SPREUKE 26:24-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Iemand kan sy haat verbloem met wat hy sê, maar binne hou hy by sy valsheid. As hy vriendelik praat, moet hom nie glo nie; hy is vol bose bedoelings. Hy verberg sy haat agter 'n valse skyn, maar van die onheil wat hy gaan doen, sal almal weet.
SPREUKE 26:24-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met sy lippe verbloem 'n hater hom, maar in sy binneste huisves hy bedrog. As hy sy stem innemend maak, moet jy hom nie vertrou nie; want daar is sewe afskuwelikhede in sy hart. Al word sy haat deur misleiding verberg, sy boosheid sal in die byeenkoms onthul word.
SPREUKE 26:24-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat haat, is met sy lippe onaangenaam en slaan bedrog in sy binneste op; Wanneer hy eerlik spreek, glo hom nie, want daar is sewe gruwels in sy hart. Wie se haat bedek is deur bedrog, sy boosheid sal voor die hele vergadering bekend gemaak word.
SPREUKE 26:24-26 Die Boodskap (DB)
’n Huigelaar se haat en venyn word deur mooi woorde verberg. As hy praat, moet hom nie glo nie. Binne-in hom beplan hy die allerverskriklikste dinge. Hy sal alles doen om jou om die bos te lei. Eendag sal jy en die ander gelowiges sy boosheid uitvind.
SPREUKE 26:24-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Iemand wat in sy hart haat en bedrog koester, steek dit weg agter sy woorde. Wanneer so iemand mooi dinge sê, moet jy dit glad nie glo nie. Hy is vol bose bedoelings. Al steek hy sy haat vernuftig weg, sy kwaad sal in die gemeenskap duidelik word vir almal.