Ganani, ’n amptenaar in die koning se diens, en ’n klompie ander mense uit Juda het daar by my aangekom. Ek wou by hulle weet hoe dit met die ander Jode gaan wat die ballingskap vrygespring het en ander wat die ballingskap oorleef het, en ook hoe dit in Jerusalem lyk. Hulle sê toe vir my: “Dit gaan glad nie goed met die mense daar in die provinsie Juda nie. Hulle kry baie swaar. Almal spot met hulle. Die muur wat rondom Jerusalem gebou is, lê ook nog steeds in puin en die stad se hekke is nog nie reggemaak nadat dit afgebrand is nie.” Toe ek hierdie slegte nuus hoor, het ek gaan sit en huil. Ek was so hartseer dat ek dae lank niks geëet het nie. Ek het tot die God van die hemel gebid.
Lees Nehemia 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nehemia 1:2-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's