Nehemia 1:2-4

Nehemia 1:2-4 AFR20

Ganani, een van my broers, het daar aangekom, hy en manne van Juda. Ek het hulle uitgevra oor die Judeërs wat ontkom het – die Judeërs wat die ballingskap oorleef het – en oor Jerusalem. Hulle sê toe vir my: “Dié wat nog in die provinsie is en die ballingskap oorleef het, ervaar groot probleme en vernedering. Die muur van Jerusalem is afgebreek en sy stadspoorte is deur vuur verwoes.” Toe ek hierdie woorde hoor, het ek gaan sit en huil; ek het dae lank getreur. Ek het aanhou vas en voor die God van die hemel gebid.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Nehemia 1:2-4