Markus 7:31-37

Markus 7:31-37 DB

Van die gebied van Tirus af is Jesus verby die See van Galilea na die gebied wat Tien Stede genoem word. Hy het die pad deur Sidon gevat. Daar gekom, bring hulle ’n man na Jesus toe wat nie kon hoor nie en baie swaar gepraat het. Hulle vra toe vir Jesus om sy hand op die man te sit en hom gesond te maak. Jesus vat toe die man eenkant toe, weg van al die mense af. Hy druk sy vingers in die man se ore en raak met ’n bietjie spoeg op sy vinger aan die man se tong. Jesus kyk toe op hemel toe en met ’n diep sug sê Hy vir die man: “Effata.” (Dit beteken: “Gaan oop.”) Dadelik kon die man hoor en normaal praat. Jesus vra hulle toe mooi om nie vir enigiemand daarvan te vertel nie. Maar dit het nie veel gehelp nie. Die mense kon eenvoudig nie oor al hierdie wonderlike dinge stilbly nie. “Alles wat Hy doen, is eenvoudig goed. Hy laat mense hoor wat doof was en mense wat nie kon praat nie, praat nou normaal.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Markus 7:31-37