MARKUS 7:31-37

MARKUS 7:31-37 NLV

Op pad terug van die omgewing van Tirus het Jesus oor Sidon en deur die Tien Stede-gebied na die See van Galilea gegaan. Hulle bring toe ’n dowe man met ’n spraakgebrek na Hom toe en soebat Hom om sy hand op die man te sit om hom gesond te maak. Jesus het hom opsy geneem, heeltemal weg van al die mense af. Toe steek Hy sy vingers in die man se ore en smeer spoeg aan sy tong. Terwyl Hy na die hemel toe opkyk, sug Hy swaar en beveel toe: “Gaan oop!” Oombliklik kon die man hoor en normaal praat! Jesus het hulle toe opdrag gegee om dit vir niemand te vertel nie, maar hoe meer Hy by hulle daarop aangedring het, hoe meer het hulle dit oral vertel. Hulle was absoluut oorweldig. “Hy het alles so wonderlik gedoen,” het hulle gesê. “Hy maak selfs dowe en stom mense gesond!”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid