Markus 15:16-20

Markus 15:16-20 DB

Die Romeinse soldate vat Jesus toe weg na ’n soort binneplein in Pilatus se paleis. Hulle roep al die ander soldate van hulle afdeling ook. Daar het hulle vir Jesus pers klere aangetrek en ’n kroon wat hulle van dorings gevleg het, op sy kop gedruk sodat Hy kamma soos ’n koning lyk. Toe begin hulle maak asof hulle Hom soos ’n belangrike koning groet: “Bly om u te ontmoet, o koning van die Jode!” skree hulle. Weer en weer het hulle Hom met ’n stok oor die kop geslaan en op Hom gespoeg. Dan val hulle weer kamma op hulle knieë en maak asof hulle Jesus as ’n vreeslik belangrike persoon eer. Toe hulle uiteindelik moeg was om Jesus so te spot, trek hulle die pers klere uit en trek Jesus se eie klere weer vir Hom aan. Toe vat hulle Jesus na die plek toe waar Hy gekruisig moes word.