Matteus 22:19-21

Matteus 22:19-21 DB

Het iemand miskien vir My ’n geldstuk waarmee ons belasting moet betaal, asseblief?” Daar was in daardie tyd baie verskillende soorte geldstukke. Vinnig gee iemand vir Hom een. Hy sê toe vir hulle: “Kyk mooi na hierdie geld. Wie se beeld is hierop en wie se naam staan hier?” “Die keiser s’n,” antwoord hulle vinnig. “As die geld met die keiser se beeld daarop die keiser s’n is, gee dit vir hom. “Maar onthou, julle is volgens God se ‘beeld’ gemaak. Julle behoort aan Hom en daarom moet julle seker maak dat julle julleself aan God gee.”

Video for Matteus 22:19-21

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 22:19-21