Jesus het van toe af begin om vir sy dissipels te verduidelik waarom Hy regtig Jerusalem toe moes gaan. Hy het gesê dat Hy in die hande sou val van al die godsdienstige leiers en skrifkenners van die volk en dat hulle Hom baie sou laat ly. Uiteindelik sou Hy doodgemaak word. Op die derde dag sou God Hom egter weer lewendig maak. Petrus was baie geskok oor hierdie woorde. Hy het Jesus eenkant toe geneem en gesê: “Nooit aste nimmer nie! God sal mos nie toelaat dat so iets met U gebeur nie.” Jesus het egter vir Petrus waterpas in die oë gekyk en vir hom gesê: “Gee pad van my af, Satan! Dit is Satan self wat nou deur jou praat. Daarom probeer jy God se plan dwarsboom. Jy is nie aan sy kant nie, maar aan die kant van die mense.” Daarna het Jesus vir sy dissipels gesê: “As mense my volgelinge wil wees, moet hulle hulle hele lewe vir My gee. Om My te volg is baie moeilik. Dit is net so moeilik soos om jou eie kruis na die plek van jou teregstelling toe te dra. As jy net vir jouself wil lewe, sal jy uiteindelik jou lewe verloor en in die doderyk beland. As jy egter bereid is om jou lewe aan My te wy, sal jy beslis ’n plek kry in God se nuwe wêreld. “Jy moet ’n keuse maak wat jy met jou lewe wil doen. Vra jou eers die volgende vraag af: Wat help dit as jy die hele wêreld aan jou voete het, maar jy kry nie ’n plek in God se nuwe wêreld nie? Kan enigiets op aarde ooit daarteen opweeg?
Lees Matteus 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 16:21-26
5 Days
This Life.Church Bible Plan is a study of 1 Peter to accompany Pastor Craig Groeschel’s series, Different. In this world, you’ll have struggles. You’ll face opposition. You’ll be challenged. And there’s a reason for that: this world is not your home. So answer hate with love, find joy in the midst of trials, and rely on a strength beyond yourself. You’re meant to be … different .
They drain your joy, eat up your time, and rain on your parade—but there’s a better way to view difficult people. Let’s learn how to heal the relationships that suck the life out of us. Get ready for God to do His life-giving work when you start this new Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s message series, Relational Vampires .
6 Days
What would David, Moses, Daniel, Peter, Ruth, and Jesus have to say to Millennials and/or Gen Z-ers? Find out in this 6-day Bible Plan as we offer up some atypical advice from well-known biblical stories.
6 dae
Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat die Skrif hieroor sê.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's