Matteus 15:32-39

Matteus 15:32-39 DB

Terwyl die skare nog in vervoering was oor wat om hulle gebeur het, het Jesus sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Ek voel innig jammer vir hierdie mense. Hulle is al ’n volle drie dae hier by My en hulle het niks om te eet nie. Ek wil hulle nie honger huis toe stuur nie. Dalk maak hulle dit nie op die lang pad terug nie.” Die dissipels vra verbaas vir Jesus: “Waar sal ons in hierdie verlate plek genoeg kos kry vir so ’n menigte?” “Hoeveel brood het julle by julle?” vra Hy. “Sewe brode en ’n paar vissies,” antwoord hulle. Jesus laat toe al die mense sit. Daarna neem Hy die sewe brode en die vissies in sy hand. Na ’n dankgebed begin Hy om dit te breek en aan sy dissipels te gee. Hulle het dit weer aan die skare uitgedeel. Daar was uiteindelik oorgenoeg kos vir almal. Die mense het geëet totdat hulle versadig was. Na die tyd is daar sewe mandjies met oorskietkos opgetel. Net die mans by hierdie ete was sowat 4 000. Dit is behalwe al die vroue en kinders wat ook daar was. Na die ete het Jesus die mense na hulle huise toe teruggestuur. Hy het in die skuit geklim en na die gebied van Magadan vertrek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid