Lukas 24:6-8

Lukas 24:6-8 DB

Toe vra die mans vir hulle: “Waarom kom soek julle die Lewende hier in ’n graf? Dis tog net ’n plek vir die dooies. “Onthou julle nog wat Jesus daar in Galilea vir julle gesê het: ‘Die Seun van die mens moet nog in die hande van ’n spul goddelose mense beland. Dan sal hulle Hom kruisig. Maar op die derde dag sal Hy weer lewendig word’?” “Ja, ons onthou!” het die vroue opgewonde geantwoord.