LUKAS 24:6-8
LUKAS 24:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Jesus is nie hier nie, God het Hom weer laat lewe. Onthou julle wat Jesus vir julle vertel het toe julle nog in Galilea was? Hy het gesê God sal Hom, die Seun van die mens, vir sondige mense gee om dood te maak, hulle sal Hom kruisig, maar Hy sal op die derde dag weer lewe.” Die vroue het toe onthou dat Jesus dit gesê het.
LUKAS 24:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was: Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan. En hulle het sy woorde onthou.
LUKAS 24:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan.” Toe het hulle sy woorde onthou
LUKAS 24:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy is nie hier nie, maar is opgewek! Onthou wat Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galilea was, ‘Die •Seun van die Mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan.’ ” Hulle het toe sy woorde onthou
LUKAS 24:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy is nie hier nie, maar het opgestaan; onthou hoe Hy met julle gespreek het toe Hy nog in Galilea was, en gesê: Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan. En hulle het sy woorde onthou
LUKAS 24:6-8 Die Boodskap (DB)
Toe vra die mans vir hulle: “Waarom kom soek julle die Lewende hier in ’n graf? Dis tog net ’n plek vir die dooies. “Onthou julle nog wat Jesus daar in Galilea vir julle gesê het: ‘Die Seun van die mens moet nog in die hande van ’n spul goddelose mense beland. Dan sal hulle Hom kruisig. Maar op die derde dag sal Hy weer lewendig word’?” “Ja, ons onthou!” het die vroue opgewonde geantwoord.
LUKAS 24:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy is nie meer hier nie, maar is opgewek. Onthou julle hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: ‘Die Seun van die Mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word en op die derde dag weer opstaan’?” Hulle het toe sy woorde onthou