Lukas 14:28-33

Lukas 14:28-33 DB

“Kom Ek verduidelik dit met ’n voorbeeld: As jy ’n huis wil bou, werk jy mos voor die tyd uit of jy genoeg geld het om dit alles te kan doen, nie waar nie? Anders, as jy nie jou sommetjies behoorlik gemaak het nie, is jou geld dalk te min nadat jy die fondament gegooi het. En wat gebeur dan? Dan lag almal vir jou. Hulle sal sê: ‘Daar’s nou vir jou ’n deurmekaar ou wat ’n huis halfpad bou en dit dan net so laat staan!’ “Nog ’n voorbeeld: As ’n koning met ’n leër van 10 000 soldate besluit om te gaan oorlog maak teen ’n ander koning met ’n leër van 20 000 soldate, moet hy voor die tyd baie mooi dink of hy dit kan regkry. So nie, moet hy liewer ’n afvaardiging na die ander koning toe stuur en met hom probeer onderhandel om ’n vreedsame oplossing te kry. “Weet julle, so gaan dit ook met elkeen van julle wat agter My wil aankom. As julle nie bereid is om julle geld en julle besittings weg te gee aan ander mense wat swaarkry nie, kan julle nie my volgelinge wees nie.