Lukas 11:33-36

Lukas 11:33-36 DB

“’n Mens sit nie in die aand ’n lig in jou huis aan en gaan steek dit dan onder ’n bed weg nie. Natuurlik nie. Nee, ’n mens sit ’n lig op so ’n plek in die huis dat dit vir almal kan lig gee. Dan sien hulle mos wat om hulle aangaan. Julle moet ook so maak. Wees ’n lig vir ander wat nog in die donker leef. “Jou oë is soos ’n lig. As jy op die regte manier daarmee kyk, maak dit alles in jou lewe helder. Maar as jy jou oë nie deur God laat instel om reg te kyk nie, maak jou oë jou hele lewe pikdonker. As daar geen goddelike lig in jou lewe skyn nie, is dit regtig nag binne-in jou. Maar aan die ander kant: as jou hele lewe vol lig is, is al die donker uit jou lewe verdryf. Dan loop jy nie meer in die een sonde na die ander vas nie. Nee, dan weerkaats al jou woorde en dade God se helder lig.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 11:33-36