Lukas 11:33-36

Lukas 11:33-36 AFR20

“ Niemand steek 'n lamp op en plaas dit dan in 'n versteekte hoekie of onder 'n maatemmer nie, maar op 'n lampstaander, sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien. Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, is jou hele liggaam ook verlig, maar as dit boos is, is jou liggaam ook donker. Pas dus op dat die lig in jou nie duisternis is nie. As jou hele liggaam verlig is en daar nie 'n enkele donker plekkie is nie, sal dit heeltemal verlig wees, soos wanneer 'n lamp jou met sy strale verlig.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 11:33-36