Levitikus 25:47-52

Levitikus 25:47-52 DB

“As ’n buitelander, of iemand wat met ’n werkspermit by julle woon, so ryk word dat ’n ander Israeliet naderhand so diep in die skuld by hom raak dat hy homself as slaaf aan daardie persoon moet aanbied, bly dit steeds moontlik dat hy vrygekoop kan word. ’n Ander Israeliet, sy oom of sy neef of enige van sy ander familielede kan hom loskoop en sy skuld kom betaal. Hy mag selfs ook die geld iewers in die hande kry om homself uit sy skuld uit te koop. Hy en sy eienaar moet die bedrag bereken volgens die betaling wat ’n dagwerker kry. Hulle trek dan die jare diens wat hy reeds gelewer het sedert hulle die ooreenkoms gesluit het af van die jare diens wat hy nog moet lewer tot die volgende hersteljaar toe. Hoe meer jare daar nog oor is tot by die hersteljaar, hoe groter is die bedrag wat hy moet betaal. As daar maar net ’n paar jaar oor is voor die hersteljaar, sal die aflosbedrag baie kleiner wees.