Levitikus 23:26-32

Levitikus 23:26-32 DB

Die Here het verder ook nog vir Moses gesê: “Die jaarlikse dag waarop daar vrede tussen My en julle kom, is op die tiende dag van dieselfde sewende maand. Julle moet dan weer vir My bymekaarkom. Julle moet op daardie dag niks eet nie en oor julleself nadink. Julle moet ook weer offers vir die Here bring wat op die altaar verbrand word. Op hierdie spesifieke dag moet julle ook julle werk laat staan, want dit is ’n dag van vrede waarop julle sonde vergewe word en julle vrede kry by die Here. Enige persoon wat op hierdie bepaalde dag nie ophou eet en voor God kom buig nie, hoort nie langer by my volk nie. Ek sal enigiemand wat op daardie dag aangaan met sy werk uit my volk verwyder. Dit moet ’n vaste reël vir julle en julle nageslag wees, waar julle ook al bly, dat daar op dié bepaalde dag glad nie gewerk mag word nie. Die dag van vrede moet ’n dag wees waarop julle julleself van alles losmaak en voor God kom neerbuig. Dit moet begin op die aand van die negende dag en aangaan tot die aand van die tiende dag.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Levitikus 23:26-32

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid