LEVITIKUS 23:26-32

LEVITIKUS 23:26-32 NLV

Toe het die HERE vir Moses gesê: “Onthou om die Dag van Versoening te vier op die negende dag ná die Fees van die Trompette. Op dié dag moet julle julleself verootmoedig, ’n heilige byeenkoms hou en vuuroffers vir die HERE bring. Julle mag die hele dag lank nie werk nie, want dit is die Dag van Versoening wanneer daar vir julle voor die HERE julle God versoening gedoen word. Enige persoon wat homself nie op dié dag verootmoedig nie, sal uit die gemeenskap verwyder word. Ek sal ook enige persoon wat op dié dag werk, om die lewe bring. Julle mag hoegenaamd geen werk doen nie. Dit is ’n permanente reël en moet nagekom word waar julle ook al woon. Dit sal ’n Sabbat van rus vir julle wees, ’n dag waarop julle julleself moet verneder. Die tyd van rus en vas sal die aand voor die Dag van Versoening begin en dit sal duur tot die aand van daardie dag.”

Video for LEVITIKUS 23:26-32

Gratis leesplanne en oordenkings oor LEVITIKUS 23:26-32