Toe sê die Here vir Josua: “Moet nou nie bang of mismoedig wees nie. Vat jou soldate en val die stad Ai aan. Ek sal vir jou die oorwinning gee oor die koning van Ai, sy mense, sy stad en sy hele land. Jy moet Ai en sy koning verwoes net soos Jerigo. Maar hierdie keer mag julle die oorlogsbuit en die vee vir julleself hou. Beplan ’n verrassingsaanval van die agterkant van die stad af.” Josua het hom toe gereedgemaak om Ai aan te val. Hy het 30 000 van sy beste soldate uitgekies en hulle in die nag na die stad toe gestuur met die volgende opdrag: “Gaan kruip aan die agterkant van die stad weg, nie te ver van die stad af nie, en wees reg om aan te val. Ek en die ander soldate wat by my is, sal ’n skynaanval op die stad loods. Wanneer Ai se soldate op ons afkom, sal ons omdraai en net soos die vorige keer vir hulle vlug. Natuurlik sal hulle ons agternasit en dan sal ons hulle weglok totdat hulle van die stad afgesny is. Hulle sal dink ons vlug vir hulle, net soos die vorige keer. Dan moet julle uit julle wegkruipplekke kom en die stad inneem. Die Here julle God sal sorg dat julle die stad inneem. As julle dit gedoen het, moet julle dit aan die brand steek. Dit is ’n bevel van die Here!” Hulle is toe na hulle wegkruipplek toe, wes van Ai, tussen Ai en Bet-El. Daar het hulle gaan wag. Josua het die nag in die kamp deurgebring. Die volgende môre vroeg het Josua die soldate bymekaargeroep en hulle reggekry vir die geveg. Hy en die leiers van die volk het toe die soldate na Ai toe gelei.
Lees Josua 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Josua 8:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's