Dit het alles gebeur op die tiende dag van die eerste maand. Die volk het kamp opgeslaan by Gilgal, oos van Jerigo. Josua het die twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan gebring het by Gilgal op mekaar gepak en vir die Israeliete gesê: “As julle kinders eendag vir julle vra: ‘Wat beteken hierdie klippe?’ kan julle vir hulle sê: ‘Hier is Israel droogvoets deur die Jordaan.’ Die Here julle God het die Jordaan se water voor julle laat opdroog sodat julle kon deurstap sonder dat julle voete nat word. Dit is presies soos Hy vroeër met die Rietsee gemaak het toe Hy dit voor ons laat opdroog het sodat ons kon deurgaan. Die Here het hierdie wonderwerk gedoen sodat al die volke van die aarde kan weet hoe magtig Hy is, en sodat julle die Here julle God altyd sal dien en eer.”
Lees Josua 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Josua 4:19-24
5 Days
It's our natural tendency to look to the future, but we should never forget the past. This plan is designed for you over a 5-day period to remember all that God has done in shaping you into the person you are today. Each day, you will get a Bible reading and a brief devotional designed the help you remember the key events of your walk with Christ. For more content, check out finds.life.church
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's