Die matrose het toe onder mekaar besluit om lootjies te trek. So sou hulle kon agterkom wie die oorsaak van die groot storm was. Hulle het lootjies getrek. Jona se naam is getrek. Hulle het hom toe begin uitvra: “Sê vir ons, wat het jy dan gedoen dat hierdie storm oor ons losgebars het? Wat doen jy vir ’n lewe? Van watter land af kom jy? Aan watter volk behoort jy?” Hy sê toe vir hulle: “Ek is ’n Hebreër. Ek aanbid die Here, die God van die hemel. Dit is Hy wat die see en die land gemaak het.” Die matrose het verskriklik bang geword. Hulle het geweet dat hy van die Here af probeer wegkom het. Jona het vir hulle vertel dat die Here hom na Nineve toe gestuur het en dat hy nie wou gaan nie. Hulle het vir hom gevra: “Hoe op aarde kan jy so iets doen?”
Lees Jona 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jona 1:7-10
4 Dae
Die boek Jona is alles behalwe ’n feëverhaal oor ’n vis, maar vertel van God se genade, medelye en liefde – selfs vir weglopers. Dit wys God se vasbeslotenheid dat sy boodskap regoor die wêreld gehoor sal word. Pastoor David Platt toon dan ook in sy vierdagleesplan hoe vasbeslote God is dat sy Woord na alle nasies versprei sal word en dat Hy sy mense gebruik om hierdie taak te verrig.
15 Dae
“God sal elkeen red wat hom tot hom wend,” het Jona aan sy vyande gepreek, maar toe kwaad geword vir God omdat hy hulle gered het. Reis daagliks deur Jona terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
21 Days
Are you—or is someone you love—suffering from the trauma of plans that have been washed away, relationships that have been uprooted, or security that has been devastated? Rather than being destroyed by this tempest, what if you allowed the disturbance to increase your capacity for rapid growth and fulfilling your destiny in God? After digging deeply into the Word of God, there is a triumphant way to be StormProof!
27 Dae
Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's