Jona 1:7-10

Jona 1:7-10 AFR20

Die matrose het vir mekaar gesê: “Kom ons beslis die saak deur die lot, sodat ons kan weet deur wie se toedoen hierdie ramp ons tref.” Hulle het met die lot beslis en die lot het Jona uitgewys. Toe sê hulle vir hom: “Vertel ons asseblief waarom hierdie ramp ons tref. Watter werk doen jy en waar kom jy vandaan? Uit watter land kom jy en van watter volk?” Hy het hulle geantwoord: “Ek is 'n Hebreër, en die HERE, die God van die hemel wat die see en die droë grond gemaak het, dien ek met ontsag.” Die manne was toe vreesbevange en het vir hom gesê: “Hoe kon jy so iets doen?” Hulle het immers geweet dat hy besig was om te vlug, weg van die teenwoordigheid van die HERE, want hy het dit vir hulle vertel.