Job het die Here geantwoord en gesê: “Ek weet dat U alles kan doen. Daar is niemand wat u planne kan laat skeefloop as U eers ’n besluit geneem het nie. U het gevra: ‘Wie is dit wat my besluite in twyfel trek, maar self niks kennis het nie?’ Dit is ek. Ek het oor dinge gepraat waarvan ek niks weet nie. Hierdie dinge was net te groot vir my klein verstandjie om te verstaan. “U het gesê: ‘Luister net ’n slag as Ek praat. Ek het vrae vir jou wat Ek wil hê jy moet antwoord.’ “Ek het vroeër net gehoor wat ander mense van U sê, maar nou het ek U met my eie oë gesien. Ek trek alles terug wat ek gesê het. Om te wys dat ek baie spyt is oor wat ek gesê het, gooi ek grond en as op my kop.” Toe die Here klaar met Job gepraat het, het Hy vir Elifas, wat van Teman af kom, gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende, want julle het nie soos Job die waarheid oor My gepraat nie. Job behoort aan My. Vat sewe jong bulle en sewe ramme en gaan na Job toe. Gaan offer die diere daar by hom. Maar onthou, dit is vir julle, nie vir hom nie. Job sal vir julle bid. Ek sal sy gebed vir julle aanvaar. Ek sal julle nie straf soos Ek eintlik moet oor die dom goed wat julle gesê en gedink het nie. Job het die waarheid oor My gepraat, julle nie.” Elifas, Bildad en Sofar het gedoen wat die Here gesê het hulle moet doen. Die Here het toe na Job se gebed geluister. Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here sy omstandighede verander. Die Here het hom twee keer soveel gegee as wat hy vroeër gehad het.
Lees Job 42
Deel
Vergelyk alle weergawes: Job 42:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's