Job het die HERE geantwoord: “Ek weet nou U kan enigiets doen, en niemand kan U keer nie. U vra: ‘Wie waag dit om in sy onkunde my wysheid te bevraagteken?’ Dit was ek. Ek het gepraat oor dinge sonder begrip, dinge wat te wonderlik is vir my. “U het gesê: ‘Luister, want Ek wil praat! Ek sal jou vra, en jy moet My antwoord.’ Tot nou toe het ek net met my ore van U gehoor, maar nou het ek U met my eie oë gesien. Nou verag ek myself en het berou in stof en as.” HERE Nadat die HERE klaar met Job gepraat het, het Hy vir Elifas die Temaniet gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende. Julle het nie wat reg is oor My gepraat soos my dienaar Job nie. “Daarom, vat nou sewe jong bulle en sewe ramme, gaan na my dienaar Job en bring ’n brandoffer vir julleself. My dienaar Job sal vir julle bid. Ek sal sy gebed vir julle aanvaar. Ek sal julle nie behandel soos julle verdien nie. Julle het nie wat reg is oor My gesê soos my dienaar Job nie.” Elifas die Temaniet, Bildad die Suagiet en Sofar die Naämatiet het gedoen wat die HERE beveel het, en die HERE het Job se gebed verhoor. Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die HERE hom weer voorspoedig gemaak. Trouens, die HERE het hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het.
Lees JOB 42
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOB 42:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's