Job 35

35
Elihu: God luister nog
1Elihu het aangehou praat en gesê: 2“Job, dink jy dit is reg om aan te hou sê dat jy voor God onskuldig is? 3Terselfdertyd vra jy: ‘Wat help dit my om reg te leef? Hoe is ek nou beter daaraan toe as wat ek sou gewees het as ek verkeerde dinge gedoen het?’ 4Ek sal jou en al jou vriende hierop antwoord. 5Kyk na die hemel, dan sal jy sien hoe hoog die wolke bokant jou is. 6As jy verkeerd doen, dink jy dit doen iets aan God? Nee, jy kry niks daardeur reg nie. Al hou jy ook aan om verkeerd te doen en weer verkeerd te doen, dit doen net mooi niks aan Hom nie. 7Wat help dit Hom as jy reg doen? Hy het niks nodig wat jy vir Hom kan gee nie. 8As jy verkeerd doen, is dit sleg vir mense soos ek en jy. As jy reg doen, help dit weer ander mense.
9“As mense baie swaarkry, kla hulle steen en been. As iemand wat baie mag het, hulle verdruk, roep hulle dat iemand hulle moet kom help. 10Maar hulle vra nie: ‘Waar is God wat ons gemaak het? Waar is die Here wat ons kan laat aanhou sing al kry ons hoe swaar? 11Waar is Hy wat ons meer verstand gegee het en slimmer gemaak het as die diere van die aarde en die voëls van die hemel?’
12“Maar as hulle tog na die Here roep om hulle te help, antwoord Hy hulle nie. Die arrogansie van slegte mense stoot Hom af, Hy hou niks daarvan nie. 13Die waarheid van die saak is dat God Hom nie aan ’n sinlose geroep steur nie. Hy laat dit by Hom verbygaan.
14“Maar Hy sal nog minder na jou luister as jy kla dat jy nie ’n kans kry om Hom te sien nie; as jy kla dat jou saak al lank voor Hom lê en wag. 15Hy sal ook nie na jou luister as jy nou sê dat Hy nie mense straf as Hy kwaad is nie. Ook nie as jy sê dat Hy Hom nie daaraan steur as mense verkeerd doen nie. 16Nee, Job, jy praat nou twak! Jy weet regtig nie waarvan jy praat nie.”

Tans Gekies:

Job 35: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid